top of page
Langenberg-Sekondêr-en-Laerskool-Dagbreek-1.jpg

Welkom aan al ons leerders

Skool

Die skool, met sowat 1200 kinders, bestaan reeds vanaf 1966 in die pragtige dorp Robertson. Dit is tot vandag toe ’n plek waar ons kinders toelaat om so lank as moontlik kind te wees. Ons glo hierdie vriendelike aanslag is die beste basis om elke kind tot sy of haar volle potensiaal te laat ontwikkel en ’n tuiste vir gelukkige kinders, ouers en personeel te skep. Ons hou daarvan om die kinders op elke gebied te help ontwikkel. Ons sien onsself as ’n gebalanseerde skool.

IMG-20230824-WA0014_2.jpg

Leerders

Ons wil saam met die ouerhuis die boompie buig terwyl hy/sy nog jonk is. U kind se sosiale en emosionele welstand in ’n veilige en ondersteunende omgewing is die sleutel tot maksimum leer. Ons opvoeders ontwikkel ’n positiewe verhouding met elke leerder sodat daar wederkerige respek gehandhaaf word. U kind se gesondheid en geestelike welstand is vir ons belangrik. By Laerskool Dagbreek word musiek, sport, buitemuurse aktiwiteite en Landsdiens aangebied sodat die kind in elke moontlike aspek kan ontwikkel.

Nuwe Leerders

Laai die aansoekvorm af, vul dit in en stuur dit terug aan dagbreek01.prim@wcgschools.gov.za

Die kantoor sal met u in verbinding tree.

IMG-20230727-WA0008_2.jpg

Lewe & Kultuur

 

Volg #dagbreekls op sosiale media

Galery

bottom of page